Bestuurder: Beesvertakking

Website Plaasbestuurder.co.za

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n vooruitstrewende Gemengde Boerdery in die Wakkerstroom distrik in Mpumalanga, is opsoek na ‘n energieke en ervare Bestuurder vir die effektiewe, optimale, winsgewende en volhoubare bestuur van die Boerdery se Beeskudde.

Die ideale kandidaat het ‘n liefde vir Beeste, ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel) en meer as 8 jaar ondervinding in alle aspekte van Beeskuddebestuur (Stoet en Kommersieël).

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om Zoeloe te praat en te verstaan, jou bo-gemiddelde kommunikasievermoë, uitstekende menseverhoudings, eienaarskapmentaliteit, vermoë om goed onder druk te funksioneer en inisiatief te neem, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

Bestuur van die Beeskudde in oorleg met die Eienaar

  • Algehele Kuddebestuur
    • Kuddegesondheid
      • Voorkomende bestuur
      • Identifisering
      • Biosekuriteit
      • Behandeling
    • Weidingsbestuur
      • Beplanning
      • Drukbeweiding
      • Watervoorsiening
      • Aangeplante weiding
    • Voeding
      • Lekke
      • Kruipvoer
      • “Backgrounding”
    • Reproduksie
      • Bestuur van Bulle
      • Dragtigheidsondersoeke
    • Kalwers
      • Brandmerk
      • Merk
      • Onthoring
    • Monitor van getalle
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Plaassekuriteit, Brandbestuur en -voorkoming
  • Algehele instandhouding
  • Akkurate Rekordhouding en Administrasie
  • Behulpsaam wees met ander vertakkings van die Boerdery soos nodig
  • Ander pligte soos bepaal deur bestuur van tyd tot tyd

Kuddebestuur sal die hoof fokus van die pos wees, maar daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om behulpsaam te wees met ander Boerderybedrywighede.

Diensaanvaarding: 1 September 2022

Aansoeke sluit: 15 Julie 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, prestasiebonus, gratis behuising, gratis water en elektrisiteit en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Before applying for this position you need to submit your online resume. Click the button below to continue.

Related Jobs
  • Restaurant Staff
    Full Time
    Kempton Park

    Trendy Restaurant in the Kempton Park area is looking for a Senior Manager. Will consider candidates with 6+ years Restaurant management experience. Ability to manage & train staff a must. Strong customer relations skills required. Must have stro
  • Restaurant Staff
    Full Time
    Menlyn

    Leading upmarket International Restaurant brand is looking for a Senior General Restaurant manager for their store in Pretoria. Looking for an all-round management candidate with 10 or more years experience in a full-service (not fast food) Restauran
  • Restaurant Staff
    Full Time
    Menlyn

    Front of house Restaurant manager required for established Restaurant in the Centurion area. Candidates must be hardworking and have 2+ years Restaurant management experience. Ability to manage staff a must. Strong customer relations skills very impo