Afdelingsbestuurder: Pluimvee

Website Plaasbestuurder.co.za

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n vooruitstrewende Boerdery in die Ventersdorp distrik, is opsoek na ‘n ervare Afdelingsbestuurder wat verantwoordelik sal wees vir die dag tot dag bestuur van die uitgroei-eenheid en lewering van top kwaliteit lêhenne aan Eierprodusente.

Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (nie ‘n vereiste nie) en meer as 5 jaar ondervinding in die produksie van Punt-van-lê-henne.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou uitstekende leiereienskappe, beplannings-, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, laat ons uitsien na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe en winsgewende bestuur van die Pluimvee-afdeling in samewerking met die eienaar
    • Produksiebestuur en Voervloeibeplanning
    • Dieregesondheid en Inenting
    • Biosekuriteit
    • Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
    • Konstant verseker dat standaarde aan voldoen word
    • Mortaliteitbestuur
    • Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
  • Algehele instandhouding
    • Terrein en heinings
    • Geboue en toerusting
    • Misbande en Vervoerbande
    • Silo’s en Voertoerusting
    • Verkoelingspanele (“Wetwalls”)
  • Administrasie
    • Rekordhouding
    • Voorraadbestuur en -beheer
    • Verslagdoening
  • Ander pligte soos wat van tyd tot tyd verlang word deur die Eienaar

Diensaanvaarding: So gou moontlik

Markverwante salaris eie aan die bedryf, winsdeling, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die ideale kandidaat.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Before applying for this position you need to submit your online resume. Click the button below to continue.

Related Jobs
  • Restaurant Staff
    Full Time
    Hazelwood Pretoria

    Front of House Restaurant Management position available with Restaurant in Hazelwood Pretoria. Applicants must have good front of house management skills and must have the ability to work under pressure. 3+ Years relevant Restaurant management experi
  • Restaurant Staff
    Full Time
    Glenande

    Established Restaurant in Glenanda Jhb South is looking for a Restaurant Manager with 4+ years Restaurant management experience to join the team. Applicants must have good front of house as well as back of house management skills. Ability to manage a
  • Restaurant Staff
    Full Time
    Fourways

    Trendy established Restaurant in Fourways is looking for a Senior Kitchen Manager / Chef. Looking for individuals with 8+ years relevant chef and kitchen management experience. Experience in an a la carte Restaurant environment essential. Must be abl