Senior Kuddebestuurder: Beeste

Website Plaasbestuurder.co.za

Ons kliënt, ‘n Gemengde Boerdery in die Oos Vrystaat is opsoek na ‘n ervare Kuddebestuurder vir die effektiewe en volhoubare bestuur van die Boerdery se Stoet en Kommersiële beeskudde, en nooi ons getroude individue wat passievol is oor genetika en teling met minstens 10 jaar eerstehandse ervaring in alle aspekte van die bestuur van ‘n groot beeskudde om aansoek te doen.

Die ideale kandidaat het ‘n holistiese begrip van korrekte bestuursbesluitneming en akkurate uitvoering daarvan om sodoende suksesvolle eienaarskap te neem met die vermoë om suksesvol te delegeer, koördineer binne ‘n gemotiveerde werksklimaat.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou magtigheid in Sotho of Zoeloe, kennis van KI, rekenaarvaardigheid, aanpasbaarheid, bo-gemiddelde kommunikasievermoë, goeie menseverhouding, vermoë om in ‘n span te funksioneer, lojaliteit teenoor jou werkgewer (Boerdery) en ‘n uitsonderlike eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Optimale en winsgewende bestuur van die beeskudde in oorleg met die eienaar
    • Algehele Kuddebestuur
      • Kuddegesondheid
      • Voorkomende bestuur
      • Identifisering
      • Biosekuriteit
      • Behandeling
    • Weidingsbestuur
      • Beplanning
      • Drukbeweiding
      • Watervoorsiening
      • Aangeplante weiding
    • Voeding
      • Lekke
      • Kruipvoer
      • “Backgrounding”
    • Reproduksie
      • Bestuur van Bulle
      • Seleksie van Bulle, Dekgroepe en Vervangingsverse
      • Dragtigheidsondersoeke
      • Akkurate geboorte-aantekeninge
    • Kalwers
      • Brandmerk
      • Merk
      • Onthoring
      • Weeg
      • Selekteer
    • Voerkraalbestuur
      • Rantsoenbestuur
      • GDT en VOV bestuur
      • Dieregesondheid
      • Mortaliteitsbestuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Bestuur van Veewagters, Perde en rytuig
  • Plaassekuriteit
  • Algehele instandhouding
  • Akkurate Rekordhouding en Administrasie
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Behulpsaam wees met ander vertakkings van die Boerdery soos nodig
  • Ander pligte soos bepaal deur bestuur van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: 1 Februarie 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die ideale kandidaat

Aansoeke slegs deur die skakel word aanvaar

Before applying for this position you need to submit your online resume. Click the button below to continue.

Related Jobs
  • Restaurant Staff
    Full Time
    Roodepoort

    Restaurant manager required for established Restaurant in Roodepoort. Candidates must be hardworking and have 5+ years Restaurant management experience. Ability to manage & train staff a must. Strong customer relations skills very important. Must
  • Restaurant Staff
    Full Time
    Fourways

    Established Italian Restaurant group in Fourways is looking for an all round Restaurant Manager to join the team  Looking for candidates with 4+ years Restaurant management experience. Applicants must be well spoken, well groomed and have good custo
  • Montana Recruitment
    Full Time
    East Rand

    CNC Milling, Programmer/Setter/Operator for Computer Numerical Control (CNC) Milling Machines. Age: 35+. ( HURCO VM10i, HURCO VM20i and VICTOR V Centre 102 Milling Machines). Essential: • Fully Qualified Milling Machinist • Experienced in the fie