Bestuurder: Beeste en Voerkraal

  • Full Time
  • Marquar

Website Plaasbestuurder.co.za

Ons bestaande kliënt, ‘n vooruitstrewende Gemengde Boerdery in die Marquard distrik in die Vrystaat, is opsoek na ‘n ervare Bestuurder vir die effektiewe en volhoubare bestuur van een van die Boerdery se Beeskuddes en die Boerdery se Beesvoerkraal.

Die ideale kandidaat is getroud, het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel) en minstens 10 jaar eerstehandse ervaring in alle aspekte van die bestuur van ‘n beesvoerkraal en ‘n beeskudde.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou aanpasbaarheid, bo-gemiddelde kommunikasievermoë, goeie menseverhouding, vermoë om in ‘n span te funksioneer en ‘n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur van die beeskudde in oorleg met die eienaar (500)
    • Algehele Kuddebestuur
    • Kuddegesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksie
  • Bestuur van die Beesvoerkraal in oorleg met die eienaar (1500)
    • Ontvang en verwerking van kalwers
    • Bestuur van VOV en GDT
    • Rantsoenbestuur
    • Produksiebestuur
    • Dieregesondheid
    • Biosekuriteit
    • Mortatiteitsbestuur
    • Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
    • Konstant verseker dat standaarde aan voldoen word
  • Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
  • Algehele instandhouding
  • Akkurate rekordhouding en administrasie
  • Behulpsaam wees met ander vertakkings van die Boerdery soos nodig
  • Ander pligte soos bepaal deur bestuur van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: 1 Februarie 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die ideale kandidaat

Aansoeke slegs deur die skakel word aanvaar

Before applying for this position you need to submit your online resume. Click the button below to continue.

Related Jobs
  • Restaurant Staff
    Full Time
    Centurion

    Restaurant / Conference Venue in the Centurion area has 3 Commis chef positions available. Looking for individuals with 2+ years relevant chef experience. Experience in al la carte cooking and food delivery essential. Main duties will include: Assist
  • Restaurant Staff
    Full Time
    Bedfordview

    Front of House Restaurant Management position available with Restaurant in Bedfordview. Applicants must have good front of house management skills and must have the ability to work under pressure. 3+ Years relevant Restaurant management experience re
  • Restaurant Staff
    Full Time
    Fourways

    Established Italian Restaurant group in Fourways is looking for an all round Restaurant Manager to join the team  Looking for candidates with 4+ years Restaurant management experience. Applicants must be well spoken, well groomed and have good custo