
Website Plaasbestuurder.co.za
Ons kliĆ«nt, ‘n vooruitstrewende Boerdery in die Dendron distrik, het ‘n posisie beskikbaar vir ‘n Vragmotorbestuurder om die Boerdery se varsprodukte na markte te vervoer en nooi ons individue wat stiptelik, netjies, betroubaar en trots is op hulle werk is om aansoek te doen.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskap mentaliteit, ‘n geldige Kode 14 bestuurslisensie met ‘n geldige PDP, jou bereidwilligheid om lang ure te werk en jou 2 – 3 jaar ongeluksvrye langafstandvervoer ondervinding, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte sal onder andere die volgende insluit:
- Uiterste netheid op self en op vragmotor
- Instandhoudingskontrole
- Laai en aflaai van produkte
- Hak en afhak van sleepwaens
- Veilige sleep van vragte
- Stiptelikheid
- Rekordhouding
- Rapportering
- Enige ander pligte soos deur Bestuur bepaal van tyd tot tyd
Markverwante vergoeding eie aan die bedryf word aangebied aan die ideale kandidaat.
Diensaanvaarding: 1 Julie 2022
Aansoeke sluit: 16 Junie 2022
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar