
Website Plaasbestuurder.co.za
Ons gewaardeerde kliĆ«nt, ‘n suksesvolle Beesboerdery in die Coligny distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na ‘n energieke, eerlike, raakvat Algemene Plaasvoorman en nooi ons betroubare individue wat onafhanklik kan werk, fiks en gesond is en wat beskik oor eie vervoer om aansoek te doen.
Die ideale kandidaat is getroud, het 5 – 10 jaar ondervinding in alle aspekte van Beesboerdery (Stoet en KommersieĆ«l) en Beesvoerkraalbestuur. Kuddebestuur sal die hoof fokus van die pos wees, maar daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om behulpsaam te wees met algemene instandhouding en onderhoud op die Plaas en sal ondervinding soos sweis- en staalwerk, draadspan, wind- en boorgatpompe verseker in jou guns tel.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met sober gewoontes, ‘n Kode 10 bestuurslisensie, trots op werk, goeie interpersoonlike vaardighede en ‘n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Beeskuddebestuur
- Kuddegesondheid
- Weidingbestuur
- Voeding
- Reproduksie
- Voerkraalbestuur
- Kuddegesondheid
- Mortaliteitsbestuur
- VOV EN GDT
- Rantsoenbestuur
- Effektiewe arbeidsbenutting deur voorbeeld
- Handel take doeltreffend en netjies
- Algemene instandhouding
- Verslagdoening
- Rekordhouding
- Bereiking van optimale produksie
- Brandbestuur en -voorkoming
- Plaassekuriteit
- Enige ander take soos deur Eienaar bepaal van tyd tot tyd
Diensaanvaarding 1 September 2022
Aansoeke sluit: 6 Julie 2022
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis verblyf en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar